stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

As vooroordeel verblind...
GeÔnspireer deur onwillige boeties...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dit is Februarie 2014. Die vreugde van 'n voogenome huwelik kleur die lug met vooruitsig. Die bruid doen 'n vriend die voorreg aan om hom te vra om die bevstiging te hanteer. Hy neem die versoek met dank aan.

Die blote feit dat dit 'n ou bekende is wie se huwelik bevestig word, maak egter nie dat kortpaaie geneem kan word nie. Die konsultasieproses voor die huwelik met die bruidspaar, sowel as alle ander partye moet geskied. Dit is prosedures waaraan met met elke huweliksbevestiging voldoen moet word. Daarom doen Stof mos sy plig en konsulteer met die betrokkenes.
So verskyn daar mos 'n boetie op die horison wat, volgens van die ander gekonsulteerdes, nie sy spontane seŽn op die huwelik wil bevestig nie. Stof doen by hom navraag en nooi hom om ook sy motivering vir sy gevoel te deel. Sy reaksie is egter ontkenning, agressie en vooroordeel. Hy spoeg, skop en dreig. Hy dring ook, teen alle etiese kodes in, aan op vertroulike inligting rondom ander betrokkenes en die identiteite van diť wat hom genoem het tydens hulle konsultasies. Synde, eerstens uit respek teenoor, en ook in pas met die etiese kodes rondom konsultasies, kan nie Stof of 'n ander kollega met wie hy kommunikeer, nie hierdie inligting aan hom, of enige ander party voorsien nie.

Dit gaan omtrent soos in die fliek, Kadoefie die lokomotief, soos wat elke billike vraag, tot 'n bol stoom lei. Geen antwoorde nie. Geen konstruktiewe bydrae nie.

Tydens 'n geleentheid bietjie meer as 'n maand na die huweliksbevestiging, het Stof die voorreg om hierdie broer se paaie te kruis by 'n gemeenskaplike belang. Soos wat Stof 'n broederlike seŽn met hom deel, spring hy op en af. Hy beweer dat dit bedrog is as Stof 'n huwelik bevestig. Hy beweer dat dit wanvoorstelling is omdat van Stof se kollegas, bepaalde titels gebruik om Stof te beskryf. Stof self, verkies egter om nie die titels te gebruik nie, want dit is bloot menslike dinge wat slegs van toepassing op bepaalde plekke is. Hy beweer dat dit intimidasie is as Stof se plig doen, soos duisende ander huweliksbevestigers, deur hom te kontak as hy 'n rol, ongeag die aard daarvan, te speel had in die vooraf konsultasie voor die huwelik.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is 'n algemeen bekende feit, dat 'n agressie wat uit vooroordeel spruit, die oorsenuwee verdoof. Oordele word gegooi sonder dat 'n leerbare en luisterbare gees teenwoordig is. In so 'n situasie maak dit dus nie sin om regtig met inteligente gesprek te reageer nie, aangesien die spreker nie ontvanklik is daarvoor nie. Stof maak dus net oppervlakkige opmerkings om die spreker te motiveer om sy stoom heeltaml af te blaas sodat sy spanningsvlakke kan daal tot 'n vlak wat nie gevaarlik is vir sy fisieke gesondheid nie.

'n Man wat hoogs gekwalifiseerd is in tale, wend hom later tot kru enkellettergrepige terme, knor en maak blaasgeluide, by gebrek die woordeskat om die gesprek sinvol te voer.

Stof wens dus sy broer vrede toe, soos wat dit geykgeskape medeskepsels betaam. Stof is selfs arogant genoeg om die seŽnwens uit sy hart te bedoel. Asof nie die einde van sy arogansie nie, gaan dit gepaard met 'n versoek in sy hart aan Pa, dat Hy boetie se hart draai en so ware harmonie bewerk, soos wat net Hy self kan.

Die doel van hierdie griffeltjie is eerstens om vir myself en ander as spieŽl te dien. Die optrede van ander teenoor ons, skets 'n beeld van hoe dit sou lyk as ons in dieselfde strikke as die spreker sou trap. En so leer ons, deurdat 'n ander die verleentheid eerste ervaar het, om nie die tweede te word wat dit ervaar nie. Die tweede doel van hierdie griffeltjie, is om jou te verseker dat jy as waardige skepsel van die Vader, jou nie hoef te laat boelie of intimideer deur die wat so blaas en knor oor wind nie. Jy as Koningskind, het die outoriteit om Vader se eer te verdedig, as iemand Sy almag probeer toets.

Aan boetie Ian, dankie dat jy my geÔnspireer het om ook hierdie stukkie hart, met hulle kan deel wat kosbaar is vir my en ander. Mag jou gemoedskalmte spoedig manifesteer en jou broederskap spoedig weer in plek val.

© Stof 2014/03/22
.


Ian Raper, griffelaar, skrywer, professor, doktor, tale, afrikaans, nederlands, viktimisasie, intimidasie, bedrog, knor, blaas, broer, boetie, hap, huis vir afrikaanse poesie, huis vir afrikaanse poŽsie