stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Padbystand
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

In die vorige getuienis het Stof getuig van die wonder van brandstofvoorsiening. 'n Voertuig bly egter 'n mensgemaakte entiteit en is daarom feilbaar.

Stof is 'n klompie maande gelede geseŽn met nederigheid toe se voertuig op die Warmbad pad tweevoet gaan vassteek het. Niks wil beweeg nie. En daar sit hy en wonder, wie gaan die engel wees wat vandag opdaag. Binne oomblikke skakel 'n vriend wat daar naby woon, hom oor 'n ander saak. Vernemende van Stof se dilemma, is hy binne minute daar. Die mense na wie Stof oppad was, skakel ook en nielank daarna nie, is daar sommer twee stelle engele.

Een engel het 'n stel aanjakabels. Die blyk egter futiel te wees, want die voertuig se masjien sit so vas, dat die knormoer dit glad nie wil draai nie. Engel twee skakel toe vir engel nommer drie, wat binne 'n kort tydjie daar is om Stof se voertuig te gaan bÍre op 'n veilige plek daar naby. En toe die grootste van alle wonders: Engel twee se vrou kom daar aan met hul tweede voertuig. Hulle het besluit dat Stof se werk nie kan stilstaan nie en dat hy hul voertuig kan gebruik solank syne siek is. Sonder vangplek of voorwaardes.

In 'n situasie waar ander vir ure sou gestrand sit, het Pa vir Stof binne minute van drie engele voorsien wat elkeen hulle gewaardeerde deel gelewer het ten opsigte van die oplossing van sy probleem. Groter en beter oplossings, as wat menslik moontlik is.

Soms gebruik ons Vader juis ongemaklike situasies soos hierdie, om ons geloof te leer. Maar omdat Hy so baie lief is vir Sy skepsels, sal Hy hulle nooit boelie nie. Daarom kom hy elke keer betyds met 'n antwoord, groter en beter as wat enige menslike brein sou kon bedink.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is dinge soos hierdie, wat ons elke dag daaraan moet herhinder om oopoog deur die lewe te gaan. Om Sy groot voorsiening raak te sien en Hom elke keer daarvoor te loof.

Mag hierdie getuienis, tot versterking dien van elkeen wat tot nou toe, gedink het meganiese toetse, val buite Sy wonderwerkende sfeer. En aan my Vader, baie groot dank vir Sy uitermate groot vertoon van wonderwerkende krag, in hierdie situasie.

© Stof 2010/08/07
.