stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Die X-chomosoom
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Enkele maande gelede belowe 'n baie naby vriend dat hy sal aandag gee aan Stof se voertuig, wat koppelaarseŽls benodig. Enkele maande later, is dit steeds nie gedoen nie, is Stof reeds vir meer as vyf weke gestrand sonder meganiese vervoer. Dit is nie dat Stof se maatjie nie wil nie. Dit is nie dat hy nie afsprake respekteer nie. In sy lewe is 'n X-chromosoom. Sy ag niemand met wie hy 'n afpraak het, waardig genoeg dat sy dit vir hom maklik maak om sy beloftes na te kom nie. Hierdie boetie bedryf ook 'n liefdesaksie. Hy word egter gereeld manipuleer om dinge anders te doen as wat Vader aan hom geopenbaar het, ter wille van vrede... So steel hy sy eie seŽn. So doen hy soms dinge binne die aksie wat hy bedryf, wat maak dat buitestaanders sy motiewe begin bevraagteken. En as daar dan sake skeefloop as gevolg van hierdie bevraagtekening, is dit dieselfde X'ie wat die spieŽl van skuld voor sy gesig hou.
Danksy X se sabotasie en minagting van Stof se roeping en dit wat hy nodig het om dit te bedryf, is daar baie van Stof se skapies wat al glo hulle is nou herderloos.

Sopas het daar 'n fantastiese aanbod van 'n ander persoon gekom om die koppelaar te hanteer. Eerste afspraak: Binne twintig minute na die aanvang van die afspraak, is daar weer 'n X. Of Stof 'n afspraak had, is onbelangrik. Of Stof geleen het vir brandstof om daar te kom of nie, is nie belangrik vir haar nie. Sy wil gaan negosie koop en sy wil dit nou doen. En so, vertrek Stof weereens huiswaarts, met 'n eina in sy hart hieroor, maar ook met 'n groot gebed dat Pa die tenk sodanig sal seŽn, dat hy dit wel tot daar sal kan maak vir die opvolg-afspraak.

'n Gemeenskaplike kennis wie se voertuig ook tans by hierdie bereidwillige is, skakel en maak namens hom verskoning dat die X-chromosoom weereens Stof se volgende afspraak ook geskrap het. Daar is darem die onderneming dat die afpraak met 'n dag geskuif kan word. Stof vertrou dat hierdie volgende afspraak, suksesvol sal wees. En intussen, is die gewillige engel so verleŽ oor X'ie se minagting van hul afspraak, dat hy via 'n gemeenskaplike vriend laat weet van herskedulering.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

So word eerlike mense wat met opregtheid uitreik na ander, se beeld na buite skade aangedoen deurdat daar X-chromosome in hul lewe is wat met weinig respek vir 'n gelykgeskape medeskepsel se behoeftes. X'ies wat die engele se beeld na buite skade aandoen en terselfdertyd ook die engele se selfbeeld vertrap. X'ies wat die engele se Roeping om uit te reik na ander op verskeie maniere, in die wiele ry en so groter as Pa self probeer wees.

Hierdie woordskets het ten doel om die X-chromosome wat hulle aan hierdie narcistiese vergrype aan vroulike lis skuldig maak, te noop tot nadenke. Om vir 'n oomblik verder as net die geverfde gesiggie in die spieŽl te kyk, en 'n hele wÍreld vol medeskepsels raak te sien. Uiteenlopende skepsels met uiteenlopende gawes, derhalwe almal geroep om mekaar by te staan met die gawes waarmee hulle geseŽn is. Skepsels wat geskep is, nie om permanent deur een skepsel gekaap te wees tot haar eie eer en misbruik nie, maar om sy gawes te gebruik vir die doel, wat Pa dit voor geskenk het. Die doel, om mekaar wedersyds by te staan.

Voorverlede week vertel 'n veertienjarige meisie vir haar pa die volgende: "Pa, ek sien wat Ma twaalf jaar gelede gedoen het met pa toe Oom ------- se baie geld haar weggelok het. En ek sien ook wat sy doen met Oom -------, om haar sin te kry. Pa, ek het besluit, ek wil en sal nooit so wees nie. Om so te wees, maak net almal om ons seer." As 'n veertienjarige meisie so 'n volwasse oordeel kan hÍ om so 'n verantwoordelike besluit kan neem, wat weerhou mense wat beweer hulle is dekades meer volwasse as sy, om ook net dŠŠrdie eenvoudige besluit te neem?

Aan my vroulike vriende wat hierdie ding reeds oorkom het, of beter nog, van die begin af besluit het om nooit daarmee te begin nie, ek eer julle. Julle gee nie 'n chromosoon of hormoon altyd die skuld as julle iemand se toon getrap het nie. Julle het nog elke keer, self verskoning gevra, vir 'n oomblik van swakwees. Julle, wat nog nooit iemand vertrap het ter wille van jul eie ego en selfsug nie. Mag julle 'n voorbeeld wees vir julle geslagsgenote wat agter kultuur, chromosoom en hormonale maskers wegkruip, terwyl hulle voortstoomroller op hul vernietigende pad. Julle, soos daardie veertienjarige, wys dat Jesus se manier van doen, deel is van jul daaglikse lewe.

Aan diť wat egter steeds 'n lankvergete, dierbare karakter agter 'n drakoniese wegsteek, ter wille van enkele voordele wat hierdie hartelose manipulasie bring, dis nog nie te laat nie. Dit mag moeilik wees om na jare van selfindoktronasie in hierdie karakter, 'n draai te maak. Onthou net, as jou onderneming om te verander opreg is, en jy bereid is om op 'n paar plekke te gaan bely daarna, sit jou behoefte voor Vader neem, en kyk hoe verrig hy 'n gesindheidswonder.

Soli Deo Gloria!

© Stof 2013/05/18
.