stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Onderdorp viktimisasie
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Onderdorpers: Overgesetsynde: Di wat nie aan die sosiale vooroordele van diegene aan die wipneuskant van die snobgordyn voldoen nie...

In Matheus 13:12 lees ons "Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed h; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het." Dalkies net 'n profetiese Woord oor die sogenaamde "beskawings" wat nog sou kom? Moderne superbeskawings wat gekenmerk word deur primitiewe hebsug en selfsug. Vandag se sogenaamde beskawing, leef die woorde van Matheus 13:12 ewe behaaglik, letterlik daagliks uit.

Dit is vandag niks vreemd om saam met 'n bevoorregde te ry, en dan minagtende kommentaar te hoor oor mede padgebruikers se voertuie nie. Miskien is die voetuig verbleik van jare se getroue diens. Miskien is dit kommentaar wat verkleinerend is, teenoor hierdie voertuig se funksionele eenvoud.

'n Onrusbarende aantal eiendomsagente leer reeds hierdie vooroordeel aan hulle kopers wat van ander dorpe af trek, as hulle in die naam van status, net bepaalde buurte se huise aan hulle wys. Sou die koper aandring om ook na die huise in die "verkeerde" buurt te gaan kyk, dan verloor die agent belangstelling. S nou net, iemand wat haar ken, sien haar daar...

'n Medemens, 'n onbekende, word geoordeel volgens sy keuse van woonplek, sy keuse om in 'n minder luukse, maar heerlike ruim huis te kan woon.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Die warmwaterstelsel breek. Groot konsternasie. Ons kan nie daarsonder nie. Of is dit dalk wil nie? Vergeet so gerieflik dat daar baie huishoudings is, wat geen warmwater geriewe het nie. Meteens is die vakman aan die ander kant van die gordyn, goed genoeg om die herstelwerk te kom doen. Maar hy moet nou nie te veel vra nie, want sy soort het mos nie baie nodig nie. En hy moet so gou as moontlik uit die huis kom, want ons wil nie graag dat sy menswees daar afsmeer nie. Hierdie is 'n alledaagse scenario, 'n scenario waar 'n gelykgeskape medemens geminag word, verwerp word, omdat hy gekies het om nie pretensieus te wees en hom te steur aan sosiale vooroordele nie.

'n Stukwerker het 'n behoefte aan kommunikasie. Hy besoek 'n selfoonwinkel. Jammer, al die goeie aanbiedinge, is net vir die wat grootsyfer salsrisse verdien. Jy moet maar die driedubbele tariewe betaal van jou voorafbetaalde stelsel. Hier word hy wat nie het nie, reeds driedubbel ontneem van dit, wat ander wat het, lag-lag sou kon bekostig. Stukwerker bied aan: As julle bekommerd is dat die onderdorper julle gaan verneuk, hier is kontant ter waarde van die hele vier en twintig maande se kontrak in my hand. Nee, sal die agent s, ons mag slegs hierdie voordele aan gekeurde mense bied. Ons wil dit maandeliks op 'n aftrekorder h. Jou vuil kontant, behaag ons nie. So gebeur dit dan dat die sout van die aarde, die wat kommunikeer met voorafbetaalde dienste, R289 per maand moet betaal vir dieselfde hoeveelheid bandwydte, as wat di oos van die gordyn, vir R99 kan kry. Ironie is dat voorafbetaalde dienste baie minder administrasie vereis, want die grootste deel van die ondersteuningstelsel is gedigitaliseer. Daar is nie kostes vir rekenkundige personeel en posgeld vir maandelikse state aan verbonde nie. Daar is ook nie, aan die kant van die diensverskaffer, die risiko dat iemand dalk nie 'n rekening gaan betaal nie, want die dienste is mos dan alreeds, vooruit betaal. Ondanks hierdie kontradiksie, is daar steeds daaglikse diskriminasie teen die onderdorper hieroor, want, so glo die bodorper, sy voete ruik nie genoeg na laventel nie.

Op die oog af lyk die stelsel van beter pryse vir massaankope, na 'n gesonde beginsel. Tog is dit reg in lyn met die beginsel van Matheus 13:12, soos hierbo aangehaal. Die stelsel bevoordeel hom wat die bronne het om grootmaat te koop, sodanig dat sy langtermyn besparings hierin, maak dat hy steeds net meer inpalm, of spaar. Die ander kant van die munt is dat die persoon wat juis die besparings soveel meer nodig het, nie eenvoudig nie die hoeveelhede kontant beskikbaar het om hierdie grootmaat-besparings te kan benut nie. Hierdie beginsel geld vir allerlei huishoudelike negosieware, vleis, restaurantbesprekings, vakansie-akkomodasie en vele ander daaglikse benodigdhede. Selfs alkohol... Dit is veral ook voelbaar vir die gebruikers van selfoondienste se sakke. Databondels en teksbondels word drasties goedkoper per eenheid, hoe groter dit word. Tog word die persoon wat nie die groter bondels op een geleentheid kan bekostig nie, van hierdie voordeel uitgesluit, en betaal hy 'n fortuin vir die klein bondels. Nie uit keuse nie, maar uit nood.

Die persoon wat baie het, wil 'n lening aangaan. alles reg, s sy bankbestuurder en bied hom 'n lening teen 'n baie lae rentekoers aan. Hy is mos geen risiko nie, iemand wat weet hoe om met geld te werk... Lenings en rentekoerse is nog een van vele gebiede waar gediskrimineer word teen die lojale werker, die mens wat tevrede is met menswees in essensie, sonder te veel randstandigdhede. Teenoor die persoon wat min het, is die bankamptenare se gesindheid dikwels onwelriekend. Probeer hierdie onderdorper tog net so vinnig as moontlik, onder sy voete uit kry. Sou die onderdorper hierdie aanslag oorleef en wel daarin slaag om 'n lening te kry, is dit teen 'n baie ho rentekoers, want sien, jy is mos 'n ho risiko mens. Dit word ges aan iemand, wat juis deur die deugsame eenvoud van grondvlak-lewe, waardes op die harde manier leer ken het. Iemand wat nie 'n kredietrekord het nie, ondat hy gekies het om met die minimum skuld deur die lewe te gaan. So word di wat het, weereens bevoordeel deur hulle weelde verder te finansier teen lae koerse, terwyl die enkeling wat net soms 'n lening nodig het vir lewensnoodsaaklikhede, die teiken word van 'n sosiale vooroordeel.

In die verkeer word menslike vooroordeel baie dikwels gesien. Selfs al skryf die regulasies voor dat voetgangers voorrang geniet, blaf en vloek bestuurders van luukse voertuie vir voetgangers as hulle daardie geleentheid gebruik. As 'n persoon met 'n trapfiets of motorfiets op die pad is, is die optrede van die luukse voertuie se bestuurders dikwels ook ook baie minagtend teenoor hulle. Mense wat uit keuse, die meer ekonomiese keuse van vervoer gemaak het, is is sy pad, hoort nie op die pad nie, want hulle betaal mos minder lisensiegeld as wat sy blink wa hom kos...

Ons sien ook so dikwels 'n mens wat 'n eerlike bestaan voer deur afval te versamel en te gaan hersirkuleer, geteiken word deur di wat reken hulle is superieur. As die versamelaar en sy trollie op die sypaadjie beweeg, kerm die wat verby hom stap omdat hy stadiger as hulle beweeg. As hy op die teervlak beweeg, kla die oorhaastige jaagduiwels dat hy 'n gevaar is. En die allermooiste komplimente in enkelettergreep, word hom toegevoeg. As die man na 'n lang dag se werk iewers 'n skuilplek gevind het vir die nag, viktimiseer die wat in die gerief van steenhuise woon, die hersirkuleerder. Hy is mos nou 'n ho sekuriteitsrisiko vir die gebied, want hy slaap op straat. Onmiddelik word die arme man verantwoordelik gehou vir al die skelmstreke wat in die area mag voorkom, en word hy selfs fisies aangerand deur van die huisbewoners. Onlangs is een hersirkuleerder dood toe inwoners van die omgewing ho en sy trollie aan die brand gesteek het. Maar dit is mos maar reg om hom aan te rand, want hy is mos nie mens nie. Hy is mos die laagste vorm van lewe. By navraag van 'n amptenaar wat hierdie moord ondersoek het, sou 'n negejarige seuntjie mos te s h dat die amptenaar moet ophou om iemand te wil beskuldig, want die moordenaar het mos nou eintlik die gemeenskap 'n guns gedoen om die "stuk gemors" uit hulle midde te verwyder. Eish!
Opvallend egter, is dat di wat hul medemens so minag, so haat, self nooit die seer kant van die lewe geken het nie. Hulle is geslag na geslag deur voorouers geintimideer om te glo, jy is per genetiese definisie, superieur en geregtig om altyd eerste te kom, selfs ten koste van hordes ander...

Nou onlangs is 'n informele kompleks in Claremont afgebrand. Hierdie insident het ongeveer honderd en twintig mense, sonde heenkome, sonder dokumente, sonder die bietjie wat hulle besit het, gelaat. Genadiglik was daar reeds net oorkant die straat van hulle af, tydelike strukture wat beskikbaar gestel is aan hulle. Maar nie almal wat so geviktimiseer word, is ewe gelukkig nie. In hierdie einste Claremont saak, het van die buurt se inwoners wat verantwoordelik was vir die brandstigting, die polisie omgekoop om te raporteer dat dit 'n kers was wat omgeval het wat die brand veroorsaak het. Chris en sy trawante loop egter brebors en vertel van hulle heldedaad om die "skuim van die gemeenskap" aan die brand te steek. Hulle verwag eintlik 'n pluimpie vir die feit dat hulle so 'n ruimhartige bydrae gelewer het ten bate van "misdaadvoorkoming". Om plakkers te vermoor, is maar reg, hulle word mos nie as 'n mens beskou nie.
'n Stukkie ironie is egter, toe Chris 'n paar weke gelede goedkoop arbeid gesoek het, was twee van die tydelike kamp se inwoners mos goed genoeg om vir hom vir R25 elk per dag te werk. Nog 'n Eish!

Dis egter nie net in die sosiale lewe waar teen die onderdorper gediskrimineer word nie. In die rekenaarwreld is daar verskeie aanpassings wat die lewe vir die pleb moeilik maak.
Vroer is 'n webwerf gebou om so min as moontlik skryfspasie te neem, om sodoende aflaaityd korter te maak. Epos-bedieners se afsnytyd, was ook ooreenkomstig die gemiddelde burger se toerusting en begroting gestel. Mettertyd het vinniger verbindings gekom. Dit het veroorsaak dat sommige werfbouers werwe al hoe lomper en bandwydte-honger begin geskryf het. Omdat die groter blaaie dus op 'n vinniger verbinding vinnig aflaai, het hulle gereken, die probleem is opgelos. Dat die blaaie wel vinnig aflaai, is waar. Wat egter verswyg word, is dat die bandwydte verbruik dienooreenkomstig hor is. Al wat nou gebeur, is dat die bandwydte-bondel vinniger opgebruik word met die vinniger lyne, met di dat die werwe se programering so lomp en vol onnodige funksies is.
Sommige bo-dorpers, het ook intussen 'n generasie onbedagsame programme en bedryfstelsels aangeskaf. Hierdie programme skryf die eindproduk, hetsy 'n woordverwerker legger, 'n spreiblad of 'n grafiese aanbieding en verseie ander formate, in formate wat nie versoenbaar is met die gemiddelde mens se stelsels en sagteware nie. Om dus inligting te deel met die onderdorper, het in baie gevalle onmoontlik geword. Die konvensionele en betroubare programme, is net nie instaat om die nuwe en gekorrupteerde formate te lees nie. Billie Boelie mag dit dalk as goeie besigheidbeleid beskou om programatuur so te skryf dat net sy eie produkte dit kan lees. Op hierdie manier probeer hy ander verbruikers inboelie om ook sy produk te koop. Hy is egter nie die enigste boelie nie. Die gebruikers wat by verstek aanvaar dat die ontvangers van hulle leggers, noodwendig ook Billie Boelie se jongste programme sal h, is onnadenkend. Die jonger produkte het steeds die funksie om die leggers in die oorspronklike leesbare formaat te skryf. Dit kos net een verstellingtjie, en dan is daar harmonie. Maar dit is mos te veel moeite. Waarom die onderdorper in ag neem, as sy bydrae tot die gemeenskap, in elk geval net so gering soos sy IK is...
Die onderdorper, is egter jou gelykgeskape medemens. 'n Persoon wat 'n reuse bydrae kan lewer in die totale gemeenskap. Deur hom so wreed uit te sluit uit sake en webwerwe waarby hy 'n noemenswaardige bydrae kon lewer, is om by implikasie sy menswaardigheid en rol in die samelewing te reduseer tot nul. En dit, is nie baie mooi nie.

Mediaberigte fokus dikwels net op die invloed wat nuuswaardighede vir die wat oos van die snobgordyn woon. Die inwonersyfer van die onderdorp is dikwels meer as die bo-dorp. Tog is hulle uitgawe van die plaaslike koerant, die dunste een. Di uitgawe wat beskikbaar gestel word aan joernalistiek-studente om by tye mee te eksperimenteer. Hierdie eksperimentering, word egter nie in die ander uitgawes geduld nie, want sien, dis darem waardige mense daardie. Maar nou ja, as jy skryf vir 'n spul ongeletterde sotte, hoef jy seker nie te strewe na joernalistieke uitnemendheid nie. Die spul sal mos nie agterkom hulle uitgawe van die van die koerant, is die afskeep uitgawe nie...

Oordeel jy volgens jou medemens se adres? Vra jy ook soms eers 'n persoon se adres nog voor jy moeite doen om sy naam te vra? Is jou besigheid een van daardie wat, ondanks kwalifikasies en ondervinding, die onderdorper by verstek in die swaks betalende poste aanstel. Alternatief, hom afstry op salaris, want jy weet mos, jou adres... Is jy die een wat 'n persoon met 'n verbleikte voertuig 'n paar enkellettergrepige eretitels sal toevoeg, of die man wat hersirkuleer, sal probeer omry met jou luukse vuurwa?
Pa het ons as mens as gelykes geskep. Hy het ons elkeen 'n ander gawe gegee. Ons het die keuse om die diversiteit van gawes te versoen tot een vlotlopende harmonieuse eenheid, of om so op die diversiteit te fokus en so 'n paar lewensnoodsaaklike ratte uit die masjien uitlaat. So word die sosiale masjien, toegelaat om in die afgrond af te plons omdat dit nie reg werk nie.

Die mensdom is geskape om as harmonieuse eenheid te funsksioneer. Gaan jy deel van die harmonie, of deel van die probleem wees. Niemand anders as jyself, kan daardie keuse maak nie.

© Stof 2010/06/17
.