stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Ope brief aan my Maatjie aan die
noordelike hang van die Magalies
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Eendag, nie te lank gelede nie, was daar 'n stofluis. Luis het met woorde geboer. Op 'n dag kry hy 'n epos van Gert, 'n woordgenoot van hom, wat hom vertel daar is interresante menings oor hom op 'n taalforum gepubliseer. Luis gaan loer, en kom af op 'n gesprek wat verskeie menings oor hom huldig. Luis is nuuskiering en registreer op daardie forum. Daar ontmoet hy interresante karakters. Woordgoggas wat die Taal met passie pleeg, strygoggas wat oor Saterdae en Sondae stry, en 'n paar hartsmaatjies wat diep in Luis se hart inkruip. Daar is selfs 'n Skotse karakters wat Afrikaans so mooi besig, maar dalkies nie is wie hy/sy voorgee nie...

Baie drama ontvou veral rondom die strygoggas en die Skotse karakter. Die gemiddelde Afrikaanse sepiedraaiboek raak maar vaal vergeleke die dialoog tussen die klompie virtuele karakters. Tussen die hartsmaatjies duik daar mos toe een besonder Maatjie op. 'n Maatjie wie se werke haar lesers boei. 'n Maatjie wat as mens, maklik in ander se harte inklim.

Per geleentheid skakel 'n kabouter die stofluis. Hy vertel dat die spsesifieke hartsmaatjie, vir 'n naweek in Pretoria is en dat ons genooi is om te deel in die kremasie van 'n dooie diertjie op 'n vuurtjie. Luis klouter toe in die kabouter se klein KArretjie en vertrek saam na 'n ruim kuierhuis enkele kilometers verder. Daar gekom, sit 'n ander woordmaatjie met 'n vloeibare versnapperintjie in haar hand onder die afdak, wat vir die kuier voorberei is. Sy gee net een kyk, en herken Luis dadelik. Daarna neem die gasvrou 'n raaiskoot, en raai sommer die eerste keer reg oor die kabouter. Die oorskot van 'n afgestorwe diertjie beland op die kremasiekole en 'n rukkie later smul 'n spul omnivore heerlik daaraan.

Tydens hierdie geleentheid vra gasvrou Luis mos uit oor sy kontakbesonderhede, waarop hy 'n visitekaartjie aan haar gee. Dit word 'n komiese situasie toe gasvrou die visite kaartjie opskeur en laat blyk dat sy nie van prentjies van luise hou nie... Later sou sy besef dit was inderdaad Luis se visitekaartjie, en het heerlik oor haar manewales gelag. Luis het haar maar 'n ander kaartjie gegee.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Hierdie ontmoeting was die begin van 'n goeie vertrouensverhouding. Inderdaad, 'n besonder goeie rede vir 'n diertjie om te kon sneuwel.

Enkele weke later is gasvrou se gade se kontrak in die Kaap voltooi, en is hulle sak en pak terug in Pretoria. Hulle huis waar ons die saamkuier gehad het, word egter gebruik deur hulle seun vir sy besigheid, en hulle besluit om 'n ander huis aan te skaf. So gebeur dit dat Luis saamgenooi word om na die nuwe huis te gaan kyk. Daar ontmoet hulle die vorige eienaar, en die gewone goed wat bespreek word tydens huiskoop gebeur daar. Luis beskou dit as 'n voorreg om genooi te kon wees na hierdie geleentheid. Die besoekie het ook sy komiese insidente gehad. Die vorige eienaar het 'n obsessie gehad om oor en oor te verduidelik waar elkeen van die sleutels pas, en het dus herhaaldelik die instruksies in detail herhaal. Baie benoud dat iemand hulself dalk gaan insluit of uitsluit, of dalk 'n sleutel breek as dit in die verkeerde sleutelgat beland.

Tydens die intrek 'n wyle later, is Luis weer saamgenooi. Die kombuis is nog geboks en daar is nie enige manier om iets sinvol te maak om te eet nie. Maatjie se gade besluit om die Kolonel se besigheid te besoek en bring 'n sak vol gesneuwelde hoendertjies daar aan. By 'n lang tafel, wat as deel van die huis gekoop is, word ons sitgemaak op kampstoele en hier, word hierdie kiepie deeglik vankant gemaak. Koffietyd. Die soektog na 'n uitgepakte teelepel. Uiteindelik word 'n lepel in die slaaibakkie wat die kiepie vergesel het, opgespoor, en diť enkele plastieklepeltjie word ons sleutel tot drie smullekker koppies boeretroos.

Na die saameet, stap Maatjie deur haar nuwe huis. Daarna ontdek sy die werf stukkie vir stukkie. Meteens hoor ons 'n uitroep van verbasing. Sy het 'n reuse waskamer ontdek, waarvan sy nie eers geweet het nie. En dadelik, is haar hartjie ekstra bly oor hierdie meevallertjie. Die drade in die dak van hierdie vertrek, vertel die stille verhaal van afgestorwe beeste en wildsbokke wat iewers in die verlede, opgekerf in repe, daar uitgedroog is tot smullekker lekkerny, wat elke boeremond sou laat water.

'n Paar dae later word daar weer gekuier by die nuwe huis. 'n Nuwe sitkamerstel is afgelewer. Stylvolle donkerbruin leer gekomplementeer met gesnede houtafwerking. Daar is reuse plastiekvelle wat daarrondom was vir beskerming. En net daar, erf Luis hierdie plastiek. Hierdie plastiek was presies wat hy nodig gehad het om bietjie waterdigting by sy luisnes te gaan doen. So word Maatjie se nuwe sitkamerstel, die bron van konstruksiemateriaal wat nog 'n sakie in Luis se lewe, baie makliker gemaak het.

Mettertyd kom die reŽnseisoen. Die nuwe huis se dak lek met passie. Die Maatjie besluit om die huurder van haar ander huis, aan te stel om diť sakie sowel as 'n paar ander verf- en konstruksiesakies reg te stel. Per geleentheid neem Maatjie en Luis waar hoe een van die verwers, 'n glasskuifdeur probeer skoonmaak met spoeg. So erf hierdie baas en klaas kombinasie, mos die naam "Jannie en die spoegspan". Hierdie naam het spoedig 'n huishoudelike naam geword wat hulle maar net nie kon afskud nie.

Luis onthou hoedat hy per geleentheid 'n reeds sake aan sy tande moes laat herstel. Hierdie afsprake was ongeveer twee weke uitmekaar. Na die meeste van die afsprake, het Luis ewe dikbek en bloedbek, by Maatjie se huis gaan herstel vir 'n paar uur voordat hy weer kans gesien het vir die res van die wÍreld. Elke keer sou sy heel simpatiek met die bloedbek, iets gepas aanbied om die gevolge van die tandekwak se werk, makliker draaglik te maak.

Maatjie se gade is egter nie op die agtergrond nie. Luis onthou goed hoedat hy, toe sy werkgewer per geleentheid hulle kenteken verander het, vir Luis geseŽn het met die hemde wat hy nie meer kantoor toe kon dra nie omdat hulle hom met nuwe hemde voorsien het. Daardie hemde met die sogenaamde foutiewe kenteken, is vandag steeds deel van Luis se daaglikse lewe. Maatjie se gade, al is jy dikwels stil, al tree jy dikwels op die agtergrond, het Luis jou hart, jou ware omgee en jou vriendskap raakgesien en gekoester. Luis vertrou dat die dag sal aanbreek, dat jy daardie seŽn in veelvoud sal terugontvang.

Per geleentheid ontdek Maatjie se gade 'n eetplek, by name "Die Plek". Daar word op 'n paar geleenthede, kosbare tye gedeel oor 'n smullekker bord regte boerekos.

Luis het mos nou maar een verslawing. Dit is 'n goedgebroude kaffieŽntjie. Maar elke keer as hy sy brousel maak, beland daar moer in die koppie en dit maak die sensasie van 'n andersings idiliese drankie, effe minder behaaglik. Per geleentheid deel Luis die frustrasie met Maatjie. Sy het net die oplossing. Sy haal 'n feitlik splinternuwe siffie uit 'n laai, en gee dit vir Luis, omdat sy maar alte goed verstaan dat 'n mens nie onsuiwerhede in jou drank soek nie. Daardie einste siffie is steeds in diens, verlei feitlik daagliks vir Luis om die sensasie van sy boongebasseerde verslawing met grasie te geniet. En elke keer as Luis die siffie gebruik, dink hy met dank aan Maatjie wat dit beskikbaar gestel het en so sy verslawing help onderhou.

As daar nou een behoefte is wat Luis had, was dit aan 'n koelwa om kos en ligter vragte, koel te kan vervoer. Maatjie het hierdie behoefte raakgesien, en eendag laat weet, sy het die oplossing. So het sy in 'n noodsaaklike behoefte in Luis se bedieningswerk voorsien, deur 'n perfek geskikte veselglaswa wat perfek vir die doel is, te skenk. Na die restourasie van die wa, en die oorkoming van verskeie administrastiewe sinkplaatpaaie daarrondom, is die wa ook onlangs in Luis se naam geregistreer. Elke keer as hierdie wa op die pad gaan, kan Maatjie dus maar weet, haar bydrae word opnuut waardeer.

Maatjie se gade het geweet dat Luis nogal 'n oog het vir 'n mooi vragvoertuig. Per geleentheid gaan die gesprek oor transformators en die manier waarop dit vervoer word. Gade nooi net daar vir Luis om die volgende dag by sy werkplek te kom inloer, want daar gaan dan 'n reuse trok wees wat 'n transformator moet oplaai. Die term "reuse trok" is egter nie die regte omskrywing nie, want die totale voertuig het feitleik 'n hele blok vol parkeer. Luis het daar aangekom op sy twee wiele, en gade het by hom aangesluit. Saam het hulle die saamgestelde voertuig waardeer. Hierdie voertuig het bestaan uit ses trekeenhede wat drie drie aan die voor en agterkante na tweed raeenhede met 'n masiewe hangraam wat daarop rus, gekoppel word. Dit is aan hierdie draeenhede, wat die trek- en stooreenhede gekoppel word. Hierdie draeenhede is elk toegerus met 'n paar honderd, hidrolies individueel stuurbare, wiele. Daar is so baie treffende detail rondom hierdie voertuigkombinasie wat nog blaaie se beskrywing kan opneem, maar die doel van hierdie paragraaf is om hulde te bring aan gade. Hy het genoeg omgegee het om Luis te nooi, om 'n eenmaal in 'n leeftyd ervaring, met hom te deel. Dankie vir 'n herhindering, wat ingebrand sal bly in hierdie luisgeheutjie.

Nou is daar iets omtrent Luis wat die wat dit nie ken nie, nog nie weet nie. Dit lyk soms fisiek na Osama bin Laden. Luis was dus 'n geruime tyd al opsoek na 'n Al Quida uitrusting. Maatjie se gade besluit per geleentheid toe hy in Dubai geen kuier het, om daar 'n oorspronklike uitrusting aan te skaf en dit as geskenk vir Luis saam te bring. Daardie uitrusting, het al heelwat kere vir Luis op die verhoog ingekleur en 'n glimlag op mense se gesigte gesit. Hierdie is inderdaad 'n gewaardeerde en kosbare geskenk, wat hy koester en altyd sal onthou, waar hy dit gekry het. Maatjie se gade, jou skerp waarneming word waardeer. Jy het sowaar 'n stukkie van Luis se hart raakgesien toe jy hierdie geskenk, vir hom saamgebring het.

Maatjie se ideaal was om 'n onafhanklike taalforum te skep. So gebeur dit dat Maatjie en Luis bietjie konkel, en so 'n fasiliteit op Luis se webnespakket wat beskikbaar is, benut om 'n forum vir Afrikaanse skrywers te skep. Maatjie as bestuur, en Luis as die outjie met die blou oorpak en die moersleutels, wat die tegniese aanmekaarsit. Goeie tye, hierdie begindae van die Forum.
Later sou Maatjie onder druk van mensemaatjies wat mooier en slimmer as Luis is, die Forum se tegniese oorgee aan ander wat graag die Forum die eer wou aandoen om dit op te hef deur dit te ontluis... Ondanks die feit dat die Forum nou tegnies deur ander hanteer word, kan Luis nie anders as om met goeie herhinderinge terug te kyk na die dae toe die luislike blouboordjie nog die knoppies gedruk het nie.

Een aand is daar heerlik om 'n tafel by Maatjie gekuier. 'n Woordmeester uit die Kaap, 'n Maatjie uit Montana en haar kroos van twee, sowel as Maatjie en haar gade het in hierdie laatnag-kuier gedeel. Luis se opnamemasjientjie was daar, en die hele spulletjie is opgeneem. Mettertyd is die opname geredigeer om dele wat Maatjie nie graag wou versprei wou hÍ nie, uit te sny. Die verskillende weergawes is versprei na die verskillende rolspelers. Luis glo dat hierdie opnames steeds vir elkeen 'n kosbare skat is wat bewaar word.

Maatjie se gade besluit om vir haar 'n voertuig te koop. Luis zula toe mos 'n familielid se voertuig, en op 'n mooi dag ry Maatjie en Luis na Station Square by Winternest, om die blanko dokumente in die hande te kry en sommer ook die geskenk-veselglaswa se lisensie te betaal. Dit was 'n dag van lekker saamry, lekkerskerts en lekkerdeel oor sommer baie dinge in die lewe. 'n Dag wat geen denker, nie maklik sal vergeet nie. Maatjie het haar voertuig 'n dag of wat later gaan haal. 'n Voertuig met 'n uitstaande kleur. Een wat haarself vanwee kleur en grootte, ideaal leen tot die naam van 'n bekende karaktertjie uit 'n tekenprent. So gebeur dit dat een van Luis se Maatjies wat vinielsnymasjiene het, vir Maatjie 'n naamplakker maak vir die parmantige maar karaktervolle voertuig.

Per geleentheid het Luis se getroue rydier, Anöe, siek geword oppad van Doornpoort af na Maatjie en haar gade toe, op die Warmbad-pad. Maatjie se gade was eerste op die toneel met aanjakabels, maar meer as dit, opreg bedoelde morele ondersteuning. 'n Stukkie opregte omgee vir 'n boetie wat deur 'n meganiese beproewing gaan. Sy onbaatsugtige omgee daardie dag is iets wat vasgebrand is in Luis se geheue en altyd, 'n goeie herhindering sal bly. Kort na hom, was daar 'n ander vriend en kollega, wat op wonderbaarlike wyse die res van die oplossing aangebied het.

Maatjie se tuiste het dit ideaal geleen tot sosiale geleenthede. So ook, met al die kreatiewe koppies wat die Forum bewandel het, tot kreatiewe geleenthede. Daar is 'n klompie kreatiewe geleenthede daar aangebied, waar deur pŲesie en musiek, korte mette van 'n nag gemaak is. Hier het Maatjie en 'n verskeidenheid kreatiewe kennisse goeie tye beleef tydens die saamkuiers. Luis wens soms hy het geweet wat van die kuiers geword het...

Maatjie se huishoudster het per geleentheid pad gevat. Maatjie wou graag iemand kry om haar te vervang. So beland een van Luis se gemeentelede, Sophie, in Maatjie se huishouding. Dit het egter minder goed uitgewerk, want die een kant van Sophie wat ons nie vroeŽr geken het nie, was haar lang vingers... Nadat sy Maatjie se diens verlaat het, het Margaret Sophie se plek ingeneem. Margaret en Luis het alreeds vir 'n geruime tyd, 'n paadjie saamgestap met die bediening in Elandspoort. Daarom was dit nou vir Luis 'n dubbele vreugde om by Maatjie se huis te wees. Maatjie, en Margaret, was albei daar. Diť twee dames twee het mekaar spoedig gevind. Maatjie het vinnig na Margaret begin verwys as " my Margaret". Dankbaar dat twee van sy maatjies mekaar gevind het, het Luis dikwels sy Vader gedank vir diť wonderwerkende samevloei van omstandigdhede.

Daar was 'n tyd toe 'n tak op een van Maatjie se buitegeboue geval het. Die dakplate het gebuig. In die proses is die waterdigting dus gebreek. Kort daarna, was daar 'n groot reŽnbui, en die dak het so gelek dat die plafon gesak het. Die mure het ook heelwat skade aan die verf gehad. Luis onthou hoe sy ander maat, Jan B, die werk gekry het om die verfwerk te doen. So het Jan ook deel van die kring kreatiewes geword.

VroeŽr in die stuk, het Luis verwys na die kreatiewe saamkuier-geleenthede. Daar was die geleentheid toe daar weer so 'n geleentheid gereŽl is. Luis was vroeg daar, met toerusting wat hy belowe het om te bring. Met sy aankoms, het Margaret 'n boodskap oorgedra dat hy moet ry, want daar kom baie ander mense wat die plek meer nodig het. Of sy die boodskap reg oorgedra het, is niemand van seker nie. Maar Luis het die wens gerespekteer, en vertrek. Later sou dit blyk dat die kuier toe wel gebeur het. Iemand moes egter iets leliks oor Luis in Maatjie se oor gefluister het. Luis is tot vandag nog nie seker wie dit was of wat dit was nie. Maar daarna, het Maatjie nie op Luis se teksies gereageer nie, ook nie op die eposse nie. Minder as 'n week na die beplande kuier, het Luis se tegnologie gebreek en was digitale kommunikasie dus heeltemal buite sy bereik. Sy meganiese mobiliteit het was ook buite aksie. Al wat oorgebly het, was teksies. Maar steeds het die teksies geen reaksie opgelewer nie. In daardie tyd was Luis se enkel nie wel nie, en kon hy dus nie vÍr reis nie. Luis het egter, toe sy enkel herstel het, die pad aangepak en na Maatjie se plek gestap om te hoor wat skort. Die reaksie was glad nie wat hy verwag het nie en hy is die pad gewys sonder dat die hek eers vir hom oopgemaak is. Die oorfluisteraar het blykbaar vir Maatjie oortuig dat dit nie 'n goeie ding is om vir Luis te ken nie. So is Luis die pad gewys, en is hy terug na sy nes, 'n hele paar myl anderkant die berg. Luis sal so graag wil weet, wat is die waarheid hieragter. Luis is tog 'n lojale gogga wat nooit enige maatjie sal leed aandoen nie.

Luis kan met dankbaarheid getuig dat die fiskale om die veselglaswa te registreer, uiteindelik gemanifesteer het. Tydens die proses, vind die owerhede toe mos alewig fout met die onderstelnommer. Luis moes dus met Maatjie kontak maak om nog 'n geskriffie van haar af te kry sodat hy die oordrag suksesvol sou kon afhandel. Steeds geen reaksie van maatjie af nie. Omdat die padwaardigheidsertifikaat spoedig sou verval, was tyd 'n deurslaggewende faktor. Daarom het hy 'n bedienings kollega en vertroueling gevra om die geskriffie vir hom in die hande te kry. Tydens Kollega se besoek aan Maatjie, vra Kollega toe mos waarom die Luis verban is. Die weergawe wat hy toe kry, was dat Maatjie se nasate nie graag met luise uit die onderdorp meng nie omdat hulle aan die verkeerde kant van die snobgordyn woon, en weier om by Maatjie te kuier as die lae luis daar is, of as sy steeds die luis wil ken. Dit, tesame met die wegwys by die hek die dag van die lang stap, het egter nog steeds geen sinvolle antwoorde op Luis se vrae gelewer nie.

Luis is op hede steeds sonder digitale toegang, daarom is dit skaars, eerder in totale absentia, op die sosiale netwerke sowel as op die taalforum en enige ander kommunikasiemedium wat digitale toegang vereis. Op sy teksnavrae aan Maatjie is tot op hede, steeds geen antwoord nie.

Die vryspraak
Luis spreek enige iemand wat kwaadwillige influisteringe in Maatjie se oor gedoen het, hiermee onvoorwaardelik vry. Omdat elke mens soms tye van swakheid beleef, vestaan Luis dat die versoeking soms maar daar is. Luis spreek ook vir Maatjie onvoorwaardelik vry dat sy die influisteringe geglo het, of toegelaat het dat nasate haar intimideer, wat ookal die geval of kombinasie mog wees. En aan die nasate, as dit wel julle, spesifiek moontlik een sekere een, is, hiermee ook my onvoorwaardelike vryspraak vir julle.

Die uitnodiging
Liewe Maatjie, daardie plekkie in my hart wat jyself (ook dalk jou gade, maar ek twyfel of hy sou), in my hart ontruim het, is steeds beskikbaar vir jou. Luis het dit nie toegemaak nie. Luis het dit nie weggegee nie. Luis het dit inteendeel instandgehou, sodat jy sonder sukkel, weer jou plekkie saam met jou gade daar kan inneem. Hiermee uitnodiging het nie 'n vervaldatum nie. Dit het nie enige vangplekke nie. Dit het geen verskuilde klousules nie. Dis net 'n onvoorwaardelike uitnodiging aan 'n hartsmaatjie wat self haar en haar gade se gereserveerde plekkie ontruim het, om dit weer terug te neem. Maatjie, jy weet na watter nommer om 'n teksie te stuur. Luis se ander digitale fasiliteite is steeds af, dus sal dit nie werk nie. Maar sy getroue sakfoon, is altyd gewillig om die teksie te ontvang. Hierdie teksie hoef nie 'n aansoek te wees nie, dit hoef slegs 'n aanvaarding van die aanbod om hierdie plekkie weer te betrek, te wees.

Die seŽnwens
Daarom dan Luis se seŽnwens aan elkeen wat hier lees, maar veral aan Maatjie: Mag in elkeen van julle se lewens, oorvloedige seŽn, guns en voorsiening manifesteer. Mag julle elkeen, elke dag 'n verskil maak in elkeen wat julle pad kruis, se lewe. Mag harmonie elkeen van julle se strewe wees, in elke situasie.

© Stof 2011/06/01
.