stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jy mag nie jou naaste liefh nie: 'n aanhaling van Jacobus Coetzee
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

'n Vriend gaan wys gesig by twee vriende. Eerstens as vriend maar ook 'n klein bietjie in moruti-hoedanigheid. Die een vriend verjaar. Die ander is siek. Daar is ook 'n paar familielede. Almal groet vriendelik en waardeer die feit dat daar belangstelling in ons gemeenskaplike geliefdes is. Buiten twee. Maar as twee dan nie die liefde wil ervaar nie, waarom sou dit pla.

Die kuiertjie gaan lekker. Die gasheer is, soos altyd 'n ware heer. Maar bo alles, iemand wat sy vriende se belangstelling waardeer. Daar word heerlik gekuier en gedeel. Behalwe deur die tweemanskap...

Toe die gas wil vertrek, doen hy die ordentlike ding, en dit nogal uit die hart uit, om die ander gaste wat in 'n ander vertrek is, te gaan vrede, vreugde en harmonie toewens. Sommige waardeer dit en aanvaar dit opreg. Sommige feins aanvaarding en groet ook soos wat hulle ma hulle mooi geleer het. Een kry so 'n suur trek op haar gesig. En nog een, wil die besoeker rondpluk. Die besoeker, wat 'n hele dag lank op die pad was en besig was, word deur hom as ongewens beskou omdat die bewyse van die vlytige en vrugbare dag, duidelik wys. Laasgenoemde dreig. Storm sommer. Stamp die besoeker om en drieg in 'n erg beperkte en herhalende woordeskat wat hy beplan om met die besoeker te doen. Die ander gaste swyg. Seker bang die spreker sal hulle ook vereer met so 'n spesiale en persoonlike toesprakie. Die een met die suur trek, lyk asof haar ega se grotman optrede haar nogal behaag. Maar sy steek dit redelik goed weg. Die ander gaste, se individuele reaksies spreek boekdele oor hoedat hierdie situasie hulle nie behaag nie. Toe die besoeker vertrek, is die gasheer hartseer, want sy eie nasaat, die spreker met die beperkte woordeskat, het een van sy hartsvriende nie geg vir die gelykgeskape skepsel wat hy is nie.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Aan Nico en Mart Coetzee, hierdie outjie waardeer julle omgee en vriendskap. Dat hy vir enkele jare al, van tyd tot tyd net by jullekon kom herlaai as mens as die wreld soms onderstebo was. Julle is mense wat die menseras 'n goeie naam gee. Ons Pa glimlas as hy oor julle uitkyk. Aan my broer Jacobus Coetzee, daar is vir elkeen 'n plekkie in my hart. Al sou jy dit vandag geweldadig van die hand gewys het, bewaar ek dit vir jou tot die dag dat jy dit wil terugneem. Niemand anders, is spesiaal genoeg om daarin te pas nie.

En as blykie van uitsien na die blye dag dat jy hierdie plekkie inneem, het ek die herhindering van die knakgeluide wat elke keer as ek my regterarm gebruik, wat jy vir my nagelaat is. Werklik kosbare langtermyn herhinderinge.

Jacobus, ek spreek vry en ek spreek lewe oor jou.

© Stof 2010/01/14
.