stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Arbeidsbetrekkinge: Vreugde of pyn?
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

In vele huishoudings, boerderye en besighede is daar 'n behoefte aan meer werkende hande as wat die gesin, boer of sakeman self kan lewer. Daar word dan aanstellings gemaak van eksterne persone wat nie noodwendig 'n direkte belang by die saak het behalwe 'n vooraf-afgespreekte vergoeding in hetsy kontant of 'n ander vorm van ruilhandel. Vanuit die mens se natuurlike staat van verderf, lei dit dan daartoe dat die werkgewer vanuit 'n materiŽle punt, die maksimum produksie vir die minimum vergoeding probeer beding, en die werknemer op sy beurt die maksimum vergoeding vir die minimum werk verrig. Hierdie ongelukkinge situasie wat sedert die sondeval in Eden by ons is, lei dikwels tot meningsverskille tussen die twee partye. In tipiese menslike oorhaastigheid word dan gewoonlik na mensgemaakte voorskrifte gegryp wat nie noodwendig kragtens die Wet van liefde opgestel is nie. Twee of meer skepsels van dieselfde Vader voer dan 'n ongeoorloofde en verkleinerende proses teen mekaar met die einddoel om die ander persoon uiteindelik soveel moontlike skade te berokken. Dit gebeur dan dat regsgestremdes wat bloot maar 'n opleiding het in enkele menslike regstelsels, deel word van die proses omdat hulle ook materieel daarby kan baat, onder die dekmantel van dienslewering. Uiteindelik is die hele konflikhanteringsiuasie vir geen party tot voordeel nie, en word daar op een of meer partye 'n permanente letsel op sy gewete geplaas by afhandeling van 'n saak wat op hierdie oogklap-materieŽle stelsel "opgelos" is.

Die beginsel van arbeid berus op die beginsel van" In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien." Die hantering van verhoudinge tussen die werker en die opdraggewer berus dan op die die beginsel" Jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself".

Dit is dus foutief om in enige werksituasie eers na allerlei menslike, krom standaarde te kyk wat sekere "regte" vir partye voorhou. Geen mens het inherent regte nie, want ons is in sonde ontvang en gebore en word daagliks deur ons sondige natuur verwring.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is eerder 'n onverdiende voorreg wat God aan Sy kind gee om so geseŽnd te wees dat hy genoeg werk het om ook aan ander werk te kan gee. So is dit ook 'n onverdiende voorreg wat God aan die werker geskenk het vanuit Sy genade dat die betrokke mens sekere talente en vermoŽns ontvang het wat hom in staat stel om 'n sekere taak of take vir ander te verrig. Vanuit die beginsel van wedersydse respek en naasteliefde, is 'n logiese uitvloeisel dan die billike hantering van partye teenoor mekaar. Dit is uiters arrogant as mense kragtens sekere mensgemaakte teorieŽ oor arbeidsregte, begin om mekaar soos diere te jag. Dit is verstaanbaar dat dit gebeur, want vanuit 'n ingebore selfsug is dit dikwels vir 'n ongewasde mens heeltemal in orde om op ander te trap en hulle op alle vlakke soveel as moontlik te wil verneder. Die uiteinde is egter nooit heilsaam nie. 'n Meganiese geskiloplossingsmeganisme is bloot maar op korttermyn 'n skynoplossing vir slegs een party.

Dit het al gebeur dat 'n persoon wat met baie empatie vir 'n ander se gestremdhede, die gestremde 'n geleentheid gegun het om sekere take te verrig, maar weens 'n houding van sogenaamde regte wat hy opgeeis het en 'n doelbewuste nalatige houding oor sy werk as gevolg van die sogenaamde regte, moes hy noodgedwonge gevra word om sy eie paadjie te neem. Hy het egter die werkgewer, wat uit sy pad gegaan het om hom te akkomodeer, deur sekere owerhede en selfs die plaaslike polisie gedreig met allerlei dreigemente wat beslis nie tot getuienis van sy Vader is nie. Uit hierdie voorbeeld is dit veral duidelik dat die oomblik as enige party enige regte as vanselfsprekend begin sien en opeis, dit die verhouding dadelik versuur.

Indien die geleentheid om aan 'n ander 'n werksgeleentheid te verskaf, dus as die voorreg beskou word wat dit is weens die besondere seŽn wat daartoe gelei het, en die persoon wat die geleentheid ontvang ook dit ervaar vir die genadige voorreg wat dit werklik is, is die vooraf versuring van hierdie werksverhouding deur allerlei regsgestremde prosesse, heeltemal uit plek. Die blote gedagte daaraan is 'n mosie van wantroue in die ander party.

Indien daar wel op voorafbepaalde voorwaardes besluit is en dit gedokumenteer word, moet daar deeglik van die Deo Volente beginsel kennis geneem word. Dit moet dan ook duidelik in die dokumentasie ingeskryf word. As dit uitgelaat word, word daar geen ruimte in die ooreenkoms gelaat vir die leiding van die Gees nie, en word menslike denke en oordele verhef tot meer as Goddelike wysheid.

Baie boeke is reeds vol geskrywe oor arbeid en arbeidsbetrekkinge, maar omdat dit vanuit 'n totale materieŽle oogpunt gedoen is, het dit weinig bereik in die vermindering van arbeidsverskille. Dit het eerder tot groter konflik gelei. Om nog derduisende sulke dokumente te publiseer, sal nie die konflikprobleem oplos nie. Eers as werkgewer en werknemer tot die kern van naasbestaan en Godgegewe genade kom, en mekaar daarooreenkomstig bejeen, sal die pad tot genesing 'n realiteit begin word. Moet dus NOOIT in die slaggat val om ten koste van jou eie gewete en 'n naaste se vrede, jou tot hierdie krom stelsels te wend waar daar altyd iemand seerkry nie. Wees eerder dankbaar vir die VOORREGTE wat jy geniet en laat julle wedersydse lojaliteit 'n uitvloeisel van dankbaarheid teenoor die Here wees. Dan eers sal arbeidsharmonie begin gestalte kry.

© Stof 2004/03/27