stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Motorwagte: Gestuurde Engele
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Eendag het die mens die Here gevra om iets omtrent die misdaad op aarde te doen. Baie mense kla tot vandag nog dat daardie gebed nie verhoor is nie. As hul egter net verder as hul neuse kyk, sal hul sien dat Hy juis hierdie versoek op 'n besondere manier hanteer het. Hy het Sy elite engele geneem, hulle aarde toe gestuur en van hul motorwagte gemaak. Daarom dan my GROOT dank aan elkeen van die engele wat gehoorsaam genoeg was om hierdie engelediens te verrig. Sonder motorwagte sal die wÍreld 'n baie swakker plek wees.

Nou is daar 'n groot deel van die gemeenskap wat dink dat hulle volmaak is en nie die edel diens van diť gestuurdes benodig nie. Onder allerlei flou verskonintjies van versekering, alarms, imobiliseerders, groot ego's en ander stories wat geen water dra nie, snou hulle die engele toe asof hulle nie mense is nie. Ander, byvoorbeeld die personeel van SA Autoworx in Van der Hoff straat, rand selfs die motorwagte fisies aan omdat hulle hul as 'n soort pesdier beskou.

Ek hoop dat die lesers wat hulle aan die soort wandade skunldig maak, tot besinning kom. Ons mag nie gestuurdes wat oor ons pad gestuur is, minag nie, nooit nie.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.