Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vrou van Hoop, altyd geanker in Yeshua
'n Preek deur Ronel Mar
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Epos die outeur

Sag is die kleur pienk, en tereg word dit ook baie keer, geassosieer met "Skoonheid" en "Vrou wees". Maar hierdie kleur, dra ook n baie meer, kragtiger, innerlike, betekenis, van Genesing en van HOOP. In hierdie maand waar ons welverdiende hulde en erkenning bring aan elke vrou, is dit dan ook net gepas, dat ons sal stil raak, sal stil staan en onthou met opregte harte van dankbaarheid en eerbied, Wie ons Vader is.

My naam is Ronel Mare, en wat n vooreg om vir jou, Koningsdogter van Onse Vader, vandag Sy Woord en boodskap te kan bring. Kom ons buig ons hoofde en raak vir n oomblik stil en sluit ons o...

Abba Vader, my gebed is, dat elke dogter wat ek voor U voete plaas vandag, U boodskap van Ewige Hoop sal hoor en dit veilig sal bewaar in hulle harte. Dat hulle dit sal koester, sal anker en sal deel maak van hulle allerdaagse lewe. Dat hulle dit sal glo, sal deel met ander, maar bowenal, dit tot U eer sal uitleef. Dat hulle elke belofte wat in U Skrif geskrywe staan, wat U ook persoonlik vir elkeen geskryf het en opgedra het, sal ken en dit hulle eie sal maak. Amen

So wat is hoop Ronel, mag jy vra?....Wel, daar is baie dinge in die wreld waarvoor ons hoop ne? dink maar daaraan...Miskien dinge soos n salarisverhoging, 'n nuwe motor, dalk n bevordering of dalk, wie weet...dat die Springbokke sal wen...
Maar hierdie hoop is net n uitdrukking van ons persoonlike begeertes en eintlik net n "hoop" op dinge wat onseker is. Ons glo dat die dinge wat ons op hoop, sal waar word. Hierdie aardse dinge, wat maar eintlik net ons selfsugtige begeertes is, nie waar nie? Dalk ook net n blote "wensdenkery"as n mens so kan s?

As die Bybel egter van hoop praat, word iets totaal anders bedoel. Bybelse hoop soos wat dit in Hebrers 6:19 verduidelik word, Dit is n vaste oortuiging dat God Sy beloftes gaan vervul dit is n versekering dat dit wel sal gebeur! Hierdie hoop besit ons as n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.

Hoop is geloof gerig op die toekoms. Wow... Is dit nie pragtig nie?

Die Bybel se konsep van hoop is brer en baie meer omvattend as die van ons aardse manier van hoe ons Hoop sien. Die woorde wat in die oorspronklike tale van die Bybel gebruik word en as hoop vertaal word, kom daarop neer dat die betekenis daarvan is; Om gretig te wag en dan die goeie te verwag. Dit bestaan basies uit twee elemente. Dit behels diebegeertena iets goeds sowel as diegrondslagvir die oortuiging dat iets goeds sal kom. Dit is ook stewig gegrond op feite en bewyse.

So hoe kan ek onderskeid tref tussen Aardse/Menslike hoop en Bybelse/Godelike of soos ander dit noem, Christelike hoop?

Kom ek verduidelik aardse hoop is deur n voorbeeld te gebruik: Jy het n goeie vriendin en jy wil haar n guns vra. Jy wil graag haar motor leen en jy 'hoop' dat sy sal ja se en dat jy haar goed genoeg ken. So jy hoop byvoorbaat dat sy sal ja se, nog voordat jy haar gevra het of dat sy jou geantwoord het... So, as jy haar nog nie gevra het nie en daar is geen aanduiding dat sy wel sal ja se nie, hoekom glo jy dan dat sy wel sal? Kan jy self sien dat hierdie aardse hoop is? Want daar is geen grondige, vaste feite of fondasie vir hierdie 'hoop' nie. Daar is altyd n ondertoon van onsekerheid.

Maar Bybelse hoop - en daar is so baie skrifte, wat oorbeklemtoononing gee van die standvastige, gegronde, feite en die sekerheid wat ons het, oor die vervulling van God se beloftes. Dit verwys na die objek van ons hoop dat Christus ons hoop is, ons enigste Hoop is! Jy dogter van God, jy word opgeroep om te hoop... Jy moet ten volle verseker wees van die opstanding van God en die koms van Sy koninkryk. Jy is immers Sy kind, so Hy is deel van jou, Sy DNA en bloed is binne jou! As jou Vader,

Koningsdogter, dan die Ewige en enigste Hoop is, en Hy leef binne jou, en jou liggaam is Sy Tempel wanwaar jy Sy glorie, in die vorm van Lig laat skyn vir die wereld: dan beteken dit mos, dat jy ook daadwerklik hoop is, vir hulle wat geen hoop het nie. Hoop is een van die mees effektiewe wapens wat ons vandag kan gebruik, in ons daaglikse stryd met die bose.

Paulus leer ons baie omtrent die waarde van hoop. Hy het ges dat hoop n noodsaaklike deel van die geestelike wapenrusting isdie helm (1Tessalonisense 5:8) verduidelik dit. Wat het hy daarby bedoel? Wel, in Bybeltye het n soldaat n metaalhelm op die slagveld gedra, dikwels bo-oor n vilt- of leermus. Danksy die helm sou die meeste houe teen die kop gedeflekteer word sonder om die soldaat noodlottig te wond. Wat was Paulus se punt? Net soos n helm die kop beskerm, beskerm hoop die verstand, die denkvermo. As jy n vaste hoop in ooreenstemming met God se voorneme het, hoef jou gemoedsrus nie versteur te word deur paniek wanneer jy met probleme te kampe kom nie.

Wie van ons het nie so n helm nodig nie?

Om dus op te som wat Bybelse hoop is:
- Dis n versekering en nie n wens nie!
- Hoop is n deug nie n swakheid nie!
- Geloof is vertroue in wat God reeds gedoen het. Hoop is vertroue in God se beloftes vir die toekoms!
- Die opstanding van Christus, gee aan ons nuwe en ware hoop, te midde van ons lyding, want God is getrou. As dogters van God, mag ons in hierdie lewe sukkel met die magte van satan en die sonde wat in ons harte bly woon, maar ons weet dat ons beloning groot is en dat ons met n vaste sekerheid daarna kan uitsien! Numeri 23:19 s: "God is nie n mens dat Hy sou lieg nie, n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets s en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? Nee, Elke woord en belofte wat die Here gespreek het, sal tot stand kom.

In Romeine lees ons, dat ons het reeds vergifnis van ons sonde ontvang deur die bloed van Christus en dat ons nou opnuut kan HOOP en uitsien na die dag wanneer ons bevry word van verganklikheid en ons ten volle aangeneem word as kinders van God. In die boek van Efesirs lees ons van die oorweldigende rykdom van Sy genade wat Hy in die toekoms aan ons sal openbaar. Dis groter as enige hoop wat jy op die geluksgodin kan h!

Ons het as Koningsdogters onmeetbare rykdom in Christus om na uit te sien.

As jy weer soos n kind moet wees, om die ewige lewe te berwe, dan moet jy mos jouself kan indink en sonder twyfel, glo, sonder om te sien, nie waar nie? Dan kan jy nie anders, as om in agape liefde, na jou medemens te kyk nie. Dit bring my by n baie bekende vers wat julle almal ken, veral ons as vroue, vir wie dit nogal na aan die hart l. In 1 Korinthiers 13 - "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" As ons hoop dan gebou is, dat ons nie net vir onsself hoop nie, maar van uit liefde vir ons medemens, ook hoop koester vir ander se welwese, dan toon dit, dat ons begrip het vir al drie hierdie faktore.

So, jy as dogter van ons Abba Vader, het werk. Hoop is n werkwoord, dit is nie passief nie, jy moet aktief en bewustelik, hoop koester. As n werdergeborene, het Hy reeds vir jou, die outoriteit en vermoe gegee, om in Sy naam, Sy hoopvolle lig uit te straal.

Graag deel ek my getuienis met julle, en my gebed is dat julle inspirasie en hoop hieruit sal haal. So amper 7 jaar terug het ek deur die diepste diep van my lewe gegaan. Ek was op die hoogtepunt van my loopbaan, het vir n groot bank gewerk en het n hele provinsie bestuur. So kom die vyand en vernietig my drome. Hy het kom steel, verwoes en selfs probeer om my vele kere dood te maak. Ek was n paar keer aangeval, fisies baie seer gemaak, so erg, dat ek die laaste keer in Nelspruit hoesorg opgeindig het. Ek het nie net vir my lewe baklei nie maar het hierdie verskriklike geestesoorlog in my gees ook gevoer. Daar was baie vrae, onverstaanbare aksies en die wete dat ek nie meer wil lewe nie. Ek het daarna ook n paar keer probeer om my eie lewe te neem en amper daarin geslaag. Ek het so baie verloor, n ongebore baba, my werk, my huwelik, my huis, baie aardse besittings, maar bowenal, myself. Van daar af en tot vandag toe, sal ek nooit weer dieselfde wees nie. Dit het my hele lewensuitkyk en menswees totaal verander.

Maar, ek het soveel te meer terug gekry! As God seen, seen Hy dat jou beker oorloop! Die vrae wat ek het sal seker altyd onbeantwoord bly, maar ek dank die Here dat Hy my gered het. Dat Hy my Hoop kom gee het. Hy het my kom wys hoeveel liefde en geloof ek nodig gehad het om my stryd te oorkom. Hoop is n werkwoord soos ek alreeds gese het, en ek kan getuig dat dit so was. Elke dag was n klein treetjie na n groter toekoms, n toekoms en verhouding met God. Ek moes weer soos n klein kind glo, Hoop soos n grootmens en strewe op lief te he soos God. Ook moes ek laat gaan van baie dinge en het dit dan so geanker. Ek moes vergewe het, maar ek hoef nie te vergeet nie, want dis nou my getuienis!

Nou is ek net 'n instrument vir God, geseend om gelukkig getroud te wees en strewe ek elke dag om n beter vrou en mamma, vir my pragtige geskenke van Bo, te wees. Ek probeer elke dag Hoop leef, n lig te wees vir ander. My drome het verander, maar my drome is nie meer aards nie, dis n wete dat ek n Ewige Hoop het. Een ding wat ek verseker weet, daar is altyd HOOP!

Met toestemming, deel ek graag my goeie vriend en mentor, Stof, se gedig oor die vrou met julle.

Vrou
Toe Hy jou gemaak het, was Hy op Sy beste.
Die son het gehuppel oor die veld,
die uitspansel was op sy mooiste.
Sy skepping was daardie dag,
die mooiste in baie dae.
Hy het besluit jy sal ook die mooiste,
die mees volmaakte van sy skepsels wees.
Hy het jou gemaak: vrou:
vervul met die beste, die edelste.
Hy het alle kunstenaars oortref,
en in Sy almag geweet jy is die kroon.
Hy het jou pragtig gemaak,
jou onweerstaanbaar en aanloklik geskep.
Jy, vrou, kan nie nageboots word nie,
kan nie vervals word nie,
kan nie gefeins word nie,
want geen mens kan so Goddelik pragtig skep nie.
Stof 2002



© Ronel Mar 2018/08/22
Epos die outeur
.