|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
| | | |
Swaarstroom kleurkodes
Maak seker jy is veilig...
|
| | |
Daar is 'n groot verskeidenheid internasionale kleurkodes vir elektriese bedrading. Om verwarring uit te skakel, is hieronder 'n opsomming van die vier kodes wat gewoonlik plaaslik gebruik word.
Let op dat dieselfde keure in die verskillende kodes gebruik word, maar dat hulle toewysing verskil. As daar nie rekening gehou met watter kode gebruik word nie, kan dit dus tot gevaarlike foute lei omdat die kleure soms teenoorgestelde betekenisse mag hê.
Die gevaarlikse verskil is dié tussen die plaaslike kodes op koorde en die britse kode op koorde en toebehore. Sommige britse toebehore se kode is direk die teenoorgestelde van die plaaslike. Sou dit dus volgens die plaaslike kode bedraad word, kan die lei tot lewendige oppervlaktes op toebehore, en die gepaardgaande beserings. Buiten beseringsrisikos, kan dit ook maak dat die apparaat skade opdoen.
'n Ander saak wat verwarrend kan wees, is dat daar op pantserkabels enkele uitsonderings toegelaat word wat andersins nie toelaatbaar is nie. Die rede is omdat pantserkabels duur is om te maak en dit dus onekonomies sou wees om vir elke toepassing, op kleinmaat 'n unieke kabel te giet. Neem dus deeglik kennis van die notas wat onder die twee plaaslike kodes is, want dit kan skades en beserings voorkom.
Maak ook altyd seker of jy met enkelfase of driefase te doen het. Soos jy kan sien, is daar gemeenskaplike kleure met verskillende toewysings, wat gevaarlike foute tot gevolg kan hê as hulle verwar word.
Sit dus nou terug, kyk deeglik deur die kleurkodes hieronder, en maak dit jou eie. Dit kan jou dalk net die voorreg van 'n onverwagte nuwe haarstyl spaar...
|
|
Vaste enkelfase bedrading
Geel/groen
Aarding
|
Swart
Neutraal
|
Rooi
Lewendige toevoer
|
Ander
Lewendige terugvoer
|
Geel
Verbode in enkelfase
|
Groen
Verbode
| | | | | | | | | | | | |
In die geval van 'n pantserkabel, mag blou wel vir neutraal gebruik word en wit as aardverbinding, maar nie in die res van die installasie nie.
Vaste driefase bedrading
Geel/Groen
Beskrywing
|
Swart
Neutraal
|
Rooi
Fase 1
|
Wit
Fase 2
|
Blou
Fase 3
|
Geel
Soms as Fase 2 in 'n vaste kabel, maar nie aan te beveel vir installasies
Groen
Verbode
| | | | | | | | | | | | | | | |
In die geval van 'n pantserkabel word geel ook toegelaat as Fase 2, maar nie in die res van die installasie nie.
Buigbare koorde en huishoudelike toebehore
Geel/Groen
Aard
|
Blou
Neutraal
|
Bruin
Lewendig
| | | | | | |
Buigbare koorde op sommige Britse toebehore
Rooi
Aard
|
Wit
Neutraal
|
Swart
Lewendig
| | | | | | |
| | | |
.
|