stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Die son gaan staan stil
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Tydens 'n samekoms van wetenskaplikes is daar gegis oor 'n retrospektiewe berekening wat toon dat daar iewers in die geskiedenis van die aarde, 'n hele dag is waarvoor nie wetenskaplik verantwoording gegee kan word nie. Niemand kon werklik 'n sinvolle antwoord vind nie. In die geselsskap, was een kollega wat 'n lewende verhouding met Sy Vader had, en deur Pa geseŽn is met besondere insig.

Hy het verwys na die gebeure rondom Joshua, toe die son gaan stilstaan het, soos gedokumenteer in Joshua 10:8 en 12.13. Natuurlik was van sy agnostiese kollegas nie beÔndruk met sy benadering nie, maar het tog heel nuuskierig geluister.

Hy lees uit Josua 10: 8 tot 13, wat lui: " En die HERE het aan Josua gesÍ: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie... 12: Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oŽ van Israel gesÍ: Son, staan stil in GŪbeon, en maan, in die dal van Ajalon! 13: Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent Ďn volle dag."
Verbasing het sy kollegas beetgekry, sodat hulle nie anders kon as om te die waarheid hierin te sien nie.

Die gevolglike berekings het getoon dat die tyd wat so "verlore" gegaan het, drie en twintig uur en twintig minute was. Daar was dus nog veerig minute weg. En in terme van bepaalde herhalende tydsberekings wat in formules voorkom, kan veertig minute wat weg is in 'n tydlyn so lank gelede, oor jare eskaleer na 'n faktor wat baie chaos in navorsing kan veroorsaak.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Die wedergebore kollega het daarna die Woord oopgemaak by 2 Konings 20:9-11. Dit lui: "En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan? Toe sÍ JehiskŪa: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit. En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit."

Tien grade, is presies veertig minute. So is die laaste vermisde veerig minute ook verklaar, vanuit die Woord van God. Die hele vermisde dag, kon dus verklaar word. Geeneen van die agnostici, kon hierdie perfekte Woord-gebasseerde oplossing, ontken nie. .